angolo-alto-sx angolo-sup-dx


 
soget

Soget s.r.l.
Via Roncaglia 14 - 20146 Milano, Italia
Tel. 02 485914.1
Fax 02 485914.20

Afrikaans

Die naam Soget het sinoniem geraak met onoortreflike vertalings.
Gebou op meer as 30 jaar se ondervinding, is ons die grootste Italiaanse organisasie wat spesialiseer in die vervaardiging van multitalige dokumentasie.
Ons dienste in al die hooftale sluit teksontwerp (tegniese skryfwerk en redigering), lokalisering, grafika en RGO (rekenaargesteunde ontwerp), bladuitleg en drukwerk in.
Multimedia produksies, netgrafika en webwerwe rond hierdie reeks dienste, wat verskaf word om jou internasionale kommunikasie te maksimaliseer, af.
Ons organisasie word deur 'n kwaliteitstelsel, wat voldoen aan die ISO 9001 standaard, bestuur.

 

Hierdie metodes sluit in:

  • die gebruik van moedertaalvertalers

  • die outomatisering van alle produksiefases

  • die noukeurige seleksie en voortgaande opleiding van al ons personeel

  • die volgehoue bywerking van ons terminologiehulpbronne en die opstelling en gebruik van pasgemaakte woordelyste

  • die gebruik van Rekenaargesteunde Vertaaltegnologie (vertaalgeheue) vir konsekwente hoë kwaliteit

  • versoenbaarheid met alle hoofprogrammatuur

  • streng kwaliteitskontrole.

Gekwalifiseerde projekbestuurders hou toesig oor elke taak, hanteer hulpbronne en gaan die verwagtings van kliënte na.
Eweneens beteken die volgehoue bywerking van ons programmatuur vir Macintosh en Windows dat ons kliënte kan vertrou op volle versoenbaarheid met hul hulpbronne.
Daarom behoort dit nie verbasend te wees om te weet dat ons meer as 5,000 kliënte het nie.
Hul vertroue in ons het ons die kundigheid besorg vir die produksie van alles van hoë profiel korporatiewe brosjures tot handleidings vir vooraanstaande internasionale projekte.

Vra vir 'n kwotasie en u sal vind dat ons dienste die mededingendste is in die Europese mark.

 

Aanbodvorms en 'n gedetailleerde beskrywing van ons dienste is in UK beskikbaar.


this page in PDF Questa pagina in PDF | This page in PDF
Questa pagina in Flash | This page in Flash
angolo-basso-sx angolo-basso-dx
Soget srl copyright ©